Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hy veroordeel die wrede aanval op ‘n bejaarde egpaar Dinsdag op hulle plaas ongeveer 15 km buite Olifantshoek.
“Die DA betuig ons innige simpatie aan die familie. Moorde en geweldsmisdaad neem toe en hierdie skokkende aanval is ‘n verdere simptoom van ‘n Suid-Afrikaanse Polisiediens wat besig is om te buk onder die mislukte minister van polisie, Bheki Cele,” sê Reinette Liebenberg, woordvoerder van Landbou by die DA.
Kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het bevestig die Olifantshoek-polisie ondersoek die saak na die bejaarde vrou se liggaam Dinsdagoggend omstreeks 09:00 ontdek is.
Haar hande was vasgebind. Lees die vorige berig hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



