‘n Bejaarde vrou is vanoggend dood in haar plaashuis ongeveer 15 km buite Olifantshoek gevind.
Kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het bevestig die Olifantshoek-polisie ondersoek die saak.
Volgens kol. Kock dui die voorlopige verslae daarop dat die vrou se liggaam vanoggend om 09:00 deur haar buurman ontdek is. Haar hande was vasgebind.
Die vrou se bejaarde man, wat homself kon loskry, is in die veld op die plaas gevind.
Die man se GWM-bakkie is ongeveer 2 km van die plaas af verlate gevind toe ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy en gemeenskapslede saamgespan het om die verdagtes op te spoor.
Die man het mediese behandeling ontvang.
Kol. Kock sê die polisie is nou op soek na twee manlike verdagtes wat met ‘n selfoon en vuurwapens van die toneel gevlug het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



