Boervrou wat aanvaller glo doodskiet, in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Marieta Wilhelm, die boervrou van Namibië wat glo ‘n aanvaller op haar plaas doodgeskiet het, sal Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Willem Petzer, openbare figuur en aktivis teen plaasmoorde, het op sy Facebook-blad gevra vir gebede vir Wilhelm en haar geestesgesondheid in dié tyd.

Petzer sê verder sy regsfonds, die Willem Petzer-regsfonds, ondersteun Wilhelm steeds en betaal haar regskostes.

“Die regspan is uitstekend en ons glo hulle sal haar naam skoon kry. Tannie Marieta, God bly met u waar u ook mag gaan.”

FiND iT het vroeër berig Wilhelm is op haar plaas in die Grootfontein-distrik aangeval en haar aanvaller is doodgeskiet. Sy is van moord aangekla en haar borgaansoek is aanvanklik afgekeur. Na Petzer en sy regspan na Namibië gereis het, is sy eindelik op N$10 000 borg vrygelaat. Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel