Die boervrou van Namibië, Marieta Wilhelm, wat in hegtenis geneem is vir moord na sy haar aanvaller op haar plaas doodgeskiet het, is vrygelaat op N$10 000 borg.
“Ons wag nou al vir amper ‘n uur hier agter die hof in Grootfontein, Noord-Namibië, in die selle sodat ek haar borg kan betaal uit die hulpfonds uit, en sy na haar familie kan gaan,” skryf Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, op Facebook.
“Baie dankie vir die regsspan, onder leiding van Jan Wessels, wat hierdie saak ‘n barshou geslaan het, dit was ‘n geweldige geveg om die tannie uit te kry.”
“Baie dankie vir almal wat al bygedra het tot die hulpfonds. “Stap een is nou verby, maar stap twee en drie gaan die groot geveg wees: die moordsaak en die siviele aksie teen die staat.
“Dis hartroerend om te sien hoe boere kan saamstaan oor landsgrense heen.”



