72-Jarige gearresteer met dwelms en bankkaarte

Deel hierdie storie / Share this story

Die teen-bende-geweldseenheid van die polisie het ‘n 72-jarige vrou gearresteer vir die besit van dwelms en bankkaarte in Matlakeng, Zastron, volgens sers. Mahlomola Karel, provinsiale polisiewoordvoerder in die Vrystaat.

Die lede, wat Maandag besig was met misdaadvoorkomingsdienste, het intelligensiegedrewe inligting ontvang wat hulle na die vrou in Dinotshing gelei het wat glo dwelms verkoop.

Hulle het die huis deursoek en het die dwelms Mandrax en kristalmetamfetamien (tik) met ‘n straatwaarde van ongeveer R60 000 gevind. Met verdere ondersoek het hulle 70 identiteitsdokumente, 1 bestuurderslisensie, 3 paspoorte en 56 verskillende bankkaarte met ‘n onbekende bedrag geld ontdek.

Fotokrediet SAPD

Die 72-jarige is gearresteer vir handeldryf met dwelms, en oortreding van die Nasionale Krediet Wet 34 van 2005, asook die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad Wet (POCA).

Sy verskyn vandag in die landdroshof te Zastron.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel