‘n Verdagte beskuldig van die moord op die Intercape-busdrywer, Bangikhaya Machana, het Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.
Bangikhaya is op 25 April 2022 buite die Intercape-depot geskiet. Hy is drie dae later oorlede.
Die verdagte, Unathi Sitsili, is Saterdag op Klapmuts gearresteer en word aangekla van moord en drie pogings tot moord.
Bronne: Daily Maverick, EWN, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vierde verdagte in Hillary Gardee-moordsaak moontlik reeksmoordenaar



