Academy vra Sacheen Littlefeather om verskoning vir Oscars-drama van 1973

Deel hierdie storie / Share this story

Amper 50 jaar na Sacheen Littlefeather uitgejou is op die Oscars-verhoog toe sy Marlon Brando se Oscar namens hom van die hand gewys het, het die Academy ‘n formele verskoning aan haar uitgereik.

Littlefeather, wat Apache en Yaqui is, is deur sommige lede van die gehoor gespot terwyl sy verduidelik het hoekom Marlon Brando nie sy Oscar vir The Godfather wou aanvaar nie.

Die Academy het ‘n brief met hulle verskoning vrygestel met die aangekondiging dat Sacheen Littlefeather op 17 September by hulle filmmuseum ‘n toespraak sou lewer .

Die museum het ten doel om die “problematiese geskiedenis” van die Oscars aan te spreek.

Bronne: DW South Africa, ABC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verdagte in Intercape-busdrywer se moord verskyn in hof