ANC-vroueliga wil polisie-ondersoek hê oor aantygings teen Enoch Godongwana

Deel hierdie storie / Share this story

Die ANC-vroueliga het Maandag aangekondig hulle wil hê die polisie moet die saak van seksuele teistering teen die minister van finansies, Enoch Godongwana, spoedig ondersoek.

Die polisie het bevestig dat ‘n saak van seksuele teistering glo teen Godongwana oopgemaak is deur ‘n masseuse by Skukuza in die Kruger Nasionale Park.

Godongwana ontken die aantygings.

Die EFF het ‘n oproep gedoen dat Godongwana dadelik van sy pos verwyder moet word en gewaarsku hulle sal keer dat hy op enige openbare vergaderings praat terwyl die ondersoek aan die gang is.

Bronne: The Citizen, East Coast Radio, iAfrica

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vierde verdagte in Hillary Gardee-moordsaak moontlik reeksmoordenaar