Vierde verdagte in Hillary Gardee-moordsaak moontlik reeksmoordenaar

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat moontlik ‘n reeksmoordenaar is, is gearresteer as die vierde verdagte in die Hillary Gardee-moordsaak.

Die man, wat glo sosiale media en dating sites gebruik het om vrouens op ‘n afspraak te lok voordat hy hulle beroof en doodgemaak het, is Donderdag gearresteer vir die vermeende moord op ‘n ander vrou wat Sondag in ‘n dam in Sandra gevind is.

Die vrou was lewendig toe sy gevind is en kon vir die polisie haar storie vertel voordat sy gesterf het.

Nadat die man gearresteer is, het die polisie ontdek dat daar ‘n lasbrief vir sy arrestasie uit was in verband met die moord op nog twee vrouens vroeër die jaar.

Die polisie wat Hillary Gardee se moord ondersoek, het ‘n foto van hom gesien en besef hy lyk soos die verdagte wat Gardee se kaart gebruik het om geld te trek. Sy selfoon se sein het ook gewys dat hy naby die plek was waar haar liggaam gevind is.

Hy het glo erken dat hy haar doodgemaak het toe die polisie hom ondervra.

Die NPA-woordvoerder het gesê die saak teen die ander verdagtes gaan steeds voort.

Bronne: IOL, Sunday World

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Eswatini-regering ontken dat koning Mswati III glo agter Hillary Gardee se moord sit