Vrou dagvaar kollega na hy glo haar ribbes breek met ‘drukkie’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Chinese vrou het haar kollega gedagvaar omdat hy glo drie van haar ribbes gekraak en een gebreek het toe hy haar ‘n drukkie gegee het.

Die hof het die man beveel om skadevergoeding van R24 010 te betaal omdat hy per ongeluk een van sy kollega se ribbes met die drukkie gebreek het.

Die voorval het glo gebeur toe die vrou besig was om met ‘n kollega te gesels. Die man het haar ‘n stywe druk gegee wat haar van pyn laat skree het.

Na vyf dae, toe die pyn nie weggaan nie, het sy dokter toe gegaan en op die X-strale gesien sy het drie gebreekte ribbes.

Sy het glo probeer om die saak privaat op te los terwyl sy herstel het, maar die man het geweier om haar te betaal en het gesê sy kan nie bewys dat hy die een was wat haar ribbes gebreek het nie.

Bronne: Business Report, Reddit, Scoopnest

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Brand in Egiptiese kerk, ten minste 41 sterf