Familie van vlug weerhou oor gestremde dogter

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Familie is nie toegelaat op ‘n American Airlines-vlug nie nadat hulle vir die personeel gesê het hulle dogter is gestrem..

Die familie was op 6 Junie op pad van Orlando, Florida na Richmond, Virginia toe ‘n vertraging veroorsaak het dat hulle hulle eerste vlug gemis het.

Op die nuwe vlug is die familie op nuwe sitplekke gesit wat hulle skei. Hulle het vir die personeel gevra of hulle geskuif kan word, want hulle moet by hulle gestremde dogter sit, want sy kan ‘n toeval kry wat haar dood kan beteken.

Hulle wou ook nie agter in die vliegtuig sit nie, want die geraas kan ook veroorsaak dat sy ‘n toeval kry. Die familie het ook oorspronklik vir sitplekke voor in die vliegtuig betaal.

‘n Hek-agent het met die kaptein gepraat en die familie is gesê hulle sal nie toegelaat word op die vlug nie.

Na ‘n hewige argument is die familie gevra om die lughawe te verlaat. Die familie moes R16 168 ekstra op ‘n nuwe vlug, Uber-dienste en ‘n hotelkamer betaal.

American Airlines het hulle glo nog nie vir die voorval vergoed nie.

Bronne: Business Insider, Beam Start

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vrou dagvaar kollega na hy glo haar ribbes breek met ‘drukkie’