Poliovirus in New York-stad se water gevind

Deel hierdie storie / Share this story

New York-stad se departement van gesondheid het aangekondig dat die poliovirus in die stad se rioolwater gevind is. Dit beteken dat die virus besig is om deur die stad te versprei.

Polio kan verlamming of die dood tot gevolg hê, maar kan deur ‘n entstof voorkom word. Die departement het mense aangemoedig om die inenting teen polio te kry as hulle nie reeds het nie.

Dit volg slegs dae nadat die virus in ‘n naburige deel van New York-stad, waar die teenstand teen inentings hoog is, gevind is.

Bronne: Business Insider, NBC New York, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vierde verdagte in Hillary Gardee-moordsaak moontlik reeksmoordenaar