Daar is niks so lekker soos ‘n tradisionele soet koeksister nie. Probeer gerus die resep!
Stroop:
20 k suiker
11 k kookwater
½ k suurlemoensap
1 t kremetart
skil van 1 lemoen of suurlemoen
Metode:
Meng alles saam, bring tot kookpunt. Kook vir 10 minute. Laat afkoel en sit oornag in vrieskas. Hoe kouer die stroop, hoe lekkerder trek die warm deeg die stroop in.
Deeg:
10 koppies meel
10 t bakpoeier
10 t margarien
1 e sout
6 eiers (geklits met so ±600 ml water. As die deeg te droog is, voeg nog water by)
Metode:
Meng meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die margarien in.
Meng die geklitste eiers en water by.
Knie deeg deeglik deur. As dit te styf is, voegnog water by. (Die deeg moenie te slap wees nie.)
Laat staan die deeg vir ‘n uur voor jy begin koeksisters vleg.
Die stroop wat oorbly, kan jy in ‘n Tupperbak bêre en vries tot volgende keer.
Bron: Source Ronel Opperman: lockdown Resepte
Repost Kaalvoet: Barefoot Chef



