‘n Meisie (13), met ‘n skietwond aan haar lyf, is Vrydag op die hoek van Roosendal en Delft-hoofstraat op die Kaapse vlakte gevind.
Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die meisie is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gebring. Onbekende verdagtes het van die toneel gevlug.
Swartbooi het bevestig ‘n poging tot moord word ondersoek.
Die voorval volg op die dood van nog ‘n meisie wat Dinsdag, nie ver van hier af, ook geskiet is. Sy het op pad na die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Die aangehegte foto is ‘n geskatte aanduiding van hoe ver die twee tonele van mekaar is.
Enige persoon met inligting rondom die saak kan die Stop Misdaad lyn by 08600 10111 kontak.



