Volgens ‘n verklaring wat deur die Tswhane Metro Polisie se kommunikasie afdeling uitgereik is, het hul taktiese eenheid op 12 Augustus ‘n operasie gedoen na aanleiding van inligting oor ‘n sindikaat wat betrokke is met geldwassery en vervalste geld.


Tydens die operasie het die lede ‘n konvooi voertuie gevolg; ‘n rooi Range Rover, twee Mercedes Benz voertuie en ‘n Toytoa Corolla.
Na bewering het lede die Range Rover in Arcadia straat gestop en met deursoeking is ‘n vervalste R100 noot gevind. Met verdere ondersoek het die bestuurder van die Range Rover hulle na ‘n perseel in Stanza Bopapestraat geneem waar meer vals note gehou was. Lede het ook op ‘n staalboks vol vervalste note afgekom, saam met chemiese middels wat gebruik word om note skoon te maak.

Daar is beslag gelê op die note van ongeveer R3,5 miljoen.
Die beweerde verdagte wat die Range Rover bestuur het, se identiteit het ooreengestem met die van die verdagte waarna hulle gesoek het, en is hy gearresteer vir die besit van die vervalste note.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
Die TMPD wens sy lede geluk met hul sukses, en sê sal hul aangaan om misdaad in die stad van Tshwane te beveg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



