Olifante wandel by Kruger Nasionale Park se hek uit

Deel hierdie storie / Share this story

South African National Parks het onlangs foto’s gedeel van ‘n trop olifante wat goedsmoeds by die hoofhek op die Hazyview-pad uitgeloop het en tot naby Lisbonplaas gestap het.

Fotokrediet South African National Parks

“Hulle is egter raakgesien en die park se lugdiens, bewaringsbestuur en veeartse het vinnig opgetree om hulle veilig in die park terug te kry.”

Fotokrediet South African National Park

Die admin wat die oulike plasing gedoen het, het soos volg gereageer: “Ons hoop hulle het bewaringsfooie betaal toe hul deur die hek gaan😉”

Ons deel heel gepas die oulike foto’s op Wêreldolifantdag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel