Bejaarde vrou se liggaam uit see gehaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die lewelose liggaam van ‘n bejaarde vrou is vroeër vandeesweek uit die see by Ramsgate-strand in KwaZulu-Natal gehaal.

Luidens ’n persverklaring deur Netcare 911 is paramedici Maandagoggend na die toneel ontbied nadat hulle in kennis gestel is dat iemand glo verdrink het.

“Lede van die publiek wat op die strand geloop het, het glo die figuur wat gelyk het soos dié van ‘n mens, in die branders sien dryf,” lui die verklaring.

Volgens Netcare 911 het die omstanders in die water gespring en die liggaam van ‘n bejaarde vrou gekry.

Paramedici het die vrou probeer help, maar sy het geen tekens van lewe getoon het nie.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rondom die voorval is onbekend.

Die liggaam is aan die polisie se soek-en-reddingseenheid oorhandig vir verdere ondersoek.