Nuwe bestanddeel vir Johnson & Johnson-poeier

Deel hierdie storie / Share this story

Die internasionale maatskappy, Johnson & Johnson, gaan talkpoeier in al sy produkte met mieliestysel vervang.  

Volgens Johnson & Johnson, wat volhou dat sy produkte veilig is, is die besluit om kommersiële redes geneem.

“Die maatskappy word al ‘n dekade lank geteister deur duisende hofsake waarin hy beskuldig word dat sy babapoeier onder andere ovariese kanker veroorsaak,” lui die verklaring.

Talkpoeier word in babaprodukte gebruik omdat dit die vel droog hou en teen luieruitslag beskerm. Daar word egter aangevoer dat die myne wat dit produseer ook asbesopbrengste lewer en daar is reeds bewys dat asbes kanker veroorsaak.  

Die maatskappy moes al R3,5 miljard aan vergoeding uitbetaal. 

‘n Ondersoek deur Reuters in 2018 het bevind dat Johnson & Johnson al dekades lank weet dat asbes in sy talkprodukte teenwoordig is