Kinders by skool val flou na ‘geestelike roeping’

Deel hierdie storie / Share this story

Leerlinge by ‘n skool in die Wes-Kaap het in die week hy die skool flou geword na hulle glo op ‘n “geestelike roeping” reageer het.

Bronagh Hammond, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê nooddienste is na die skool ontbied toe leerlinge begin kla dat hulle sleg voel en sommige leerlinge flou geword het.

Volgens Hammond is vier leerlinge na ‘n mediese fasiliteit geneem vir verdere ondersoeke.

“Die geaffekteerde leerlinge se ouers is in kennis gestel om hulle kinders by die skool te kom haal.”

Die skool het nie toegemaak nie.

Hammond sê die departement het reëlings getref vir berading om die skool te ondersteun. “Die nodige ondersteuning sal aan die personeel en leerling beskikbaar gestel word.”

‘n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel