Vyf dood in botsing op N4

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense is vroeg Donderdagoggend dood toe ‘n vragmotor, ‘n bakkie en ‘n motor op die N4 buite Ngodwana in Mpumalanga gebots het.

ER24-nooddienste sê paramedici het omstreeks 06:32 op die toneel aangekom.

‘n Motor het op sy sy in die middel van die pad gelê en die bakkie en vragmotor was ‘n entjie van die motor af geparkeer.

Vier mense het om die motor rondgelê en ‘n man was ook in die motor vasgekeer.

Twee mans en drie vrouens, insluitend ‘n meisie van ongeveer 12 jaar oud, is op die toneel aan hulle beserings oorlede.

Die bakkiebestuurder het net ligte beserings opgedoen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel