Kevin Federline het onlangs in die moeilikheid beland na hy video’s op sosiale media geplaas het waarin Britney Spears hulle kinders dissiplineer. Die video’s is duidelik sonder haar kennis geneem en geplaas.
Spears se prokureur het gesê Federline het “die privaatheid en waardigheid van die moeder van sy kinders” geskend.
Federline het in ‘n onlangse onderhoud beweer dat sy seuns besluit het om nie hulle ma te sien nie en daarna het hy die video’s op Instagram gedeel.
Federline het Donderdagoggend die video’s afgehaal en Spears se prokureur het gesê hy is in kontak met Instagram om seker te maak Federline probeer nie weer so iets nie.
Bronne: IOL, Page Six, Meaww
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



