Die nuwe voorryman vir die All Blacks, Fletcher Newell, het sy pa vandeesweek met ‘n vliegtuigkaartjie verras.
Fletcher is vir die eerste keer gekies as deel van die 23-tal vir die tweede rubykampioenskapstoets teen die Springbokke Saterdag in Johannesburg.
Hy is een van die plaasvervangers.
Volgens die All Blacks se webtuiste het Fletcher sy pa, Arnold, Dinsdag gebel om hom te vertel hy is in die 23-tal vir die tweede Lipovitan-D-rugbykampioenskapstoets Saterdag in Johannesburg ingesluit.
Maar, dit was nie die enigste verrassing van die week vir Arnold nie.
“En toe bel hy my vanoggend [Donderdag] redelik vroeg, ek was net op die punt om uit die bed uit op te staan, en hy sê: “Jy beter jou tasse pak.”
En ek vra: ‘Wat?’
“Ons bring jou Suid-Afrika toe vir my debuut.”
“Dit was redelik emosioneel,” vertel Arnold op die All Blacks se amptelike webtuiste.
“Dit was baie oorweldigend. Ons het nog ‘n bietjie gesels, maar ek moes neersit, ek was te emosioneel. Hy het dit alles self saam met die All Blacks se span gereël. Dit is eintlik surrealisties.”
Arnold sal 24 uur voor afskop in Johannesburg wees.
Volgens Arnold het hy gedink sy seun sou sy eerste wedstryd vir die All Blacks tuis speel, “maar ek glo Ellis Park gaan iets besonders wees.”
“70 000 Suid-Afrikaners en jy maak jou debuut, dit word nie veel groter nie, en vir ‘n ouer is dit nogal ongelooflik,” het hy gesê.
Newell, wat deur sy pa as ‘n koel en kalm ou beskryf word, se ma is oorlede toe hy 15 is.
Fletcher het ‘n klein tatoeëermerk op sy arm ter nagedagtenis aan sy ma, wat oorlede is toe hy net 15 was.
Hoewel Fletcher ‘n stil ou is, “weet hy waarvan hy praat as dit by rugby kom,” sê Arnold.
“Ek het hom nou die dag gevra hoe hy die oomlik sal hanteer as hy op die veld uithardloop, en hy het gese hy sal dit kan hanteer.
“Ek is seker as dit eers insink, sal dit emosioneel wees.”
Newell sr. se trots op sy seun se prestasie word weerspieël deurdat hy ‘n padbanier geverf het en daarmee uitbasuin dat sy dorp Leithfield ‘n nuwe All Black het.
“As hulle nie weet wie hy was nie, weet hulle nou, en ek is redelik seker ná die wedstryd sal almal hom ken.”




