Dolfyn byt glo swemmers

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dolfyn het glo omtrent ses mense op ‘n strand in Japan aangeval.

Een man is Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy deur die dolfyn beseer is.

Japannese beamptes glo dat een dolfyn verantwoordelik is vir al die aanvalle.

Donderdag is twee mense deur die dolfyn by Koshino-strand gebyt, een in die oggend en een later die middag.

Daar is nou ultrasoniese senders by die strand geplaas in die hoop om dolfyne af te skrik en mense is aangesê om die water te vermy.

Bronne: BBC, Yahoo, City News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meer as 100 aasvoëls sterf na moontlike vergiftiging