Rudi het reeds meer as 600 trefferliedjies vir kunstenaars in Suid-Afrika geskryf en sy eie liedjie Hobo-Halleluja doen tans baie goed op die musiekmark.
In ‘n video wat hy op sy Facebook-blad gepos het, het hy sy misnoeë uitgespreek teenoor wat nou blyk te wees, ‘n persoon wat haarself as ‘n joernalis van Netwerk24 voorgedoen het.
Die video is intussen verwyder en het Rudi soos volg op die aangeleentheid gereageer:
“Ons wil dit onder almal se aandag bring dat Netwerk24 ons vanoggend gekontak het en bevestig dat die joernalis “Teresa” wat ons telefonies laasnag gekontak het, wel NIE vir Netwerk24 werk nie.
“Ons het nog altyd respek oor die jare (en het nog steeds) die uiterse respek vir Netwerk24 en hul integriteit. Dit is juis hoekom ons so geskok was dat die joernalis so aggresief opgetree het.
“Baie dankie aan Netwerk24 dat julle uitgereik het om die rekord reg te stel, ons waardeer julle en die professionele manier waarmee hierdie situasie hanteer is.”
Volgens die inhoud van die video wat verwyder is, het die persoon wat haarself as ‘n joernalis voorgedoen het vir Rudi en sy vrou Suzette, na ‘n suksesvolle vertoning op nasionale vrouedag, telefonies gekontak, en hulle ontstel met haar ongevraagde optrede. Netwerk24 kon bevestig dat die persoon nie aan hulle verbonde is nie. Rudi het in die video bevestig hy het ‘n R100 000 donasie (nie in kontant nie) vanaf iemand wat sy optrede bygewoon het, ontvang, asook R100 000 om vir ‘n organisasie van sy keuse te gee.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



