Suid-Afrika se eerste vroulike vlieëniers

Deel hierdie storie / Share this story

Vroulike vlieëniers in Suid-Afrika is beslis nie vreemd nie, maar is dalk net nie so bekend soos die Amerikaner Amelia Earhart wat op 20/21 Mei in 1932 sonder om te stop ‘n solovlug oor die Atlantiese Oseaan voltooi het nie.

Die Pretoria Historia aanlyn tydskrif op Facebook sê:; “Jackie Moggridge, wat in 1922 in Pretoria gebore is as Dolores Theresa Sorour, een van die eerste vroue-vlieëniers in Suid-Afrika, het haarself op die ouderdom van 14 jaar deur ‘n korrespondensiekursus leer vlieg. Sy het alles van die werking van ‘n vliegtuig geweet voordat sy ‘n vliegkursus by die Baragwanath-vliegveld gedoen het. Op haar eerste solovlug het sy van Johannesburg na Pretoria gevlieg, geland, en weer teruggevlieg. Sy was ook die eerste vrou (eintlik nog ‘n tiener!) in Suid-Afrika om met ‘n valskerm uit ‘n vliegtuig te spring.

In 1938 het sy vir verdere opleiding in Brittanje gegaan, en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was sy saam met die mans opgeroep vir diens, maar was te jonk om te vlieg. Teen 1940 het sy wel begin vlieg en uiteindelik meer as 1 500 vlugte in 83 verskillende vliegtuie gedoen, waarvoor sy beloon is met die ‘King’s commendation for valuable service in the air.'”

Vandag is vroulike vlieëniers nie ‘n vreemde verskynsel nie en kan jy hulle orals in beheer agter die kontroles van vliegtuie in Suid-Afrika vind. Ongelukkig is nie almal meer in diens nie, maar kan hulle met trots onthou word.

Asnath Mahapa was die eerste swart vlieënier, terwyl Refilwe Ledwaba die eerste swart helikoptervlieënier was. Kapt. Catherine Labuschagne was die eerste vegvlieënier om met die SAAF Gripen in ‘n eerste solovlug te vlieg, en Adri Venter van die SAPD het ook nie as ‘n vlieënier teruggestaan nie. Nabdusa Nfeja is ook bekend as ‘n vegvlieënier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel