Drink jy reënwater?

Deel hierdie storie / Share this story

In onlangse navorsing deur die Stöckholm-universiteit is bevind dit is nie veilig om reënwater te drink nie, want dit kan giftige chemikalieë bevat.

Hoë vlakke van die giftige chemikalieë bekend as PFAS het nou oral versprei, insluitend in water en die lug.

Die chemikalieë kan gevind word in sjampoe, verpakkingsmateriaal of grimering.

Volgens sommige studies kan blootstelling aan die chemikalieë lei tot probleme met vrugbaarheid, sekere tipes kanker of dit kan die ontwikkeling van kinders aantas.

Bronne: eNCA, Euro News, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Beloega-walvis sterf na mislukte reddingspoging