Ons almal weet hoe belangrik dit is om genoeg water te drink. In die winter of wanneer jy baie besig is, vergeet jy soms om jou agt glase per dag te drink. Hier is ‘n paar wenke om seker te maak jy drink genoeg water.
Maak dit die eerste ding wat jy doen as jy soggens wakkerword. Hou ‘n glas water of ‘n bottel langs jou bed en drink genoeg wanneer jy wakkerword. Dit kan ook help om jou metabolisme aan die gang te kry.
Drink ‘n glas water saam met elke ete. Maak dit ‘n gewoonte om saam met elke ete ‘n glas water te drink en so kry jy sommer klaar drie glase water in.
“Eet” jou water. Nog ‘n manier om water deur die dag in te kry, is om waterryke kosse soos waatlemoen, seldery of komkommer te eet.
Stel reminders op jou selfoon om jouself deur die dag daaraan te herinner om water te drink.
Probeer ‘n toep. PlayStore is deesdae vol apps om jou te help om gesonder te leef. Probeer ‘n app waarop jy elke dag jou waterinname inskryf.
Hou water by jou. Maak seker dat jy ten alle tye ‘n waterbottel by jou het. Hou ‘n waterbottel langs jou bed, in die motor en by jou lessenaar by die werk.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



