4 000 beagles van eksperimente gered

Deel hierdie storie / Share this story

Omtrent 4 000 beagles is op soek na nuwe huise in die VSA nadat hulle gered is van ‘n fasiliteit waar hulle geteel is en dan verkoop is aan laboratoriums wat op hulle met dwelms eksperimenteer.

Die maatskappy wat die beagles geteel het, is gesluit en die honde is gered. Tans soek verskeie liefdadigheidsorganisasies nuwe huise vir die honde.

Die maatskappy is in Mei gedagvaaar vir dieremishandeling nadat dit bevind is siek honde word doodgemaak in plaas daarvan om behandeling te kry. Hulle is besmette kos gegee wanneer hulle toegelaat is om te eet. Omtrent 25 honde is dood van koue.

Na die dagvaardiging het die maatskappy hulle deure gesluit en die honde is aan ‘n liefdadigheidsorganisasie gegee.

Bronne: BBC, Yahoo, The Week

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Beloega-walvis sterf na mislukte reddingspoging