Twee doodgeskiet in Parow Wes-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mans, onderskeidelik 19 en 34 jaar oud, is Maandagaand noodlottig in Cloetestraat in Parow, ‘n noordelike voorstad van Kaapstad, gewond.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die polisie het op ‘n dubbele moordtoneel gereageer.

Daar word beweer dat onbekende verdagtes op die oorledenes geskiet het en daarna gevlug het. Die moontlikheid dat die voorval bendeverwant kan wees, word nog ondersoek.

Moorddossiere is geregistreer.

Enige persoon met inligting van die skietvoorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel