Action Society – stem vir die stemloses dié Vrouedag

Deel hierdie storie / Share this story
Action Society word gedryf deur die doel om 'n stem te gee aan die stemloses. Dit is Action Soceity se boodskap vandag op hulle Facebookblad:

"Hierdie Vrouedag vier ons die vroue wat van slagoffers na oorlewendes tot oorwinnaars gegaan het.
Ons vier die dapper vroue wat uitpraat en die strafregstelsel en die polisie aanvat omdat hulle hulle in die steek gelaat het wanneer hulle die kwesbaarste is.

Ons vier en onthou die vroue wat nooit die kans gehad het om te praat nie.

Ons vier die vroue wat ondersteun en veg vir ons land se geslaan, verkragte en vermoorde vroue.
Ons sal egter nooit die strafregstelsel vier vir sy skuldigbevindingskoers van minder as 5,3% vir seksmisdade, opgeskorte vonnisse en herhaalde oortreders nie.
Ons sal nie die 95% van verkragters vier wat wegkom om iemand aan die binnekant dood te maak nie.
Action Society sal voortgaan om ELKE DAG en MAAND van die jaar te veg vir die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord. Ons SAL die stem wees vir die stemloses."

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.