Nege gearresteer na gefnuikte transito-rooftog

Foto: SAPS

Volgens kolonel Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke is nege persone gearresteer na ‘n oor en weer skietery en hoë-spoed jaagtog met polisie wat in Hendrina, Mpumalanga plaasgevind het.

In ‘n gesamentlike optrede tussen wetstoepassings agentskappe wat op inligting reageer het is ‘n beweerde transito-rooftog gefnuik voordat dit kon plaasvind.

Met die span se aankoms by ‘n geïdentifiseerde veiligheidshuis is daar vanuit die huis op hulle geskiet. Tydens die skietery kon twee verdagtes daarin slaag om te voet te vlug, maar is twee ander verdagtes in die veiligheidshuis en drie in die woonwa van’n naburige woning gearresteer.

Nog vier van die verdagtes is gearresteer in ‘n onsuksesvolle poging om te vlug nadat hulle teen ‘n hoë spoed met ‘n Mercedes Benz probeer wegjaag het.

Twee van die verdagtes wat geslaag het om te vlug het gedurende hulle ontsnapping verskeie motorvoertuie oppad na Elukwatini gekaap.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.