Goud vir SA-naelloper by Commonwealth Games

Foto: Nododomzi (Facebook, Team South Africa)

Die 36-jarige Nododomzi “Jonothan” Ntutu van Suid-Afrika het vanoggend met 10.83 sekondes ‘n goue medalje in die 100 m by die Commonnwelath Games in Brittanje gewen.

Volgens Gary Lemke in Birmingham is dit vinniger as sy vorige tyd van vier jaar gelede toe hy dieselfde item in 11.02 sekondes gehardloop het.

Dit maak hom die vinnigste para-atleet ooit wat vir Suid-Afrika deelgeneem het.

Die atleet wat aan toksoplasmose ly, was volgens Lemke aangedaan terwyl hy die toejuiging van die skare van die Alexander Stadium geniet het.

Hy het die jaar as finansieel moeilik bestempel, en dat die oefening maar moeilik was, “maar ek glo in God en in my afrigter en het gebid dat iets beter sou word.”

“Hier staan ek nadat ek twee dae agtermekaar 10,8 sekondes gehardloop het.”

Volgens hom is dit die vinnigste tye van sy loopbaan. Hy sê dat hy verlede jaar afgeskryf was en dat aftrede genoem was. Maar sy naam beteken nie verniet “man van die huis” nie en is hy nog nie gereed om uit te tree nie. Hy sal wel vir sy liggaam luister en dit jaar vir jaar neem.

In 2018 is hy aangewys as Suid-Afrika se sportman van die jaar as ‘n gestremde met die vinnigste aangetekende naellooptye deur ‘n Suid Afrikaanse para-atleet.

Hy het reeds in vier Paralimpiese Spele deelgeneem.

Hy is oorweldig deur die feit dat hy in die koue kon harloop en met goud op die podium kon staan.

Volg die spele se uitslae op die Team South Africa Facebook blad.

Foto: Rodger Sedres

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.