Man met ongeslypte diamante gearresteer

Foto: Voorstelling (Canva)


Volgens kapt.Tlangelani Rikhotso van die Valke se direktoraat vir prioriteitsmisdade is ‘n verdagte tydens ‘n misdaadoperasie in Mahikeng in die Noordwes-provinsie aangekeer vir die onwettige handeldryf in ongeslypte diamante.

Die lede het reageer deur inligting op te volg wat hulle ontvang het oor die beweerde verdagte wat op soek was na ‘n koper vir die ongeveer R50 000 se ongeslypte diamante wat hy in sy besit gehad het.

‘n Lokval is vir hom gestel en nadat R10 000 aan hom oorhandig is vir afbetaling is die 43-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat 11 ongeslypte diamante by hom gevind is.

Die beweerde verdagte sal vandag in die Mahiken-landdroshof verskyn.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.