Die sokkerspeler Cristian Tirone van die Deportivo Garmense-sokkerklub het tydens ‘n amateurwedstryd die vroulike skeidsregter Dalma Magali Cortadi ‘n vuishou teen die kop tydens ‘n wedstryd toegedien.
Volgens La Nacion was die speler voor die aanranding ontevrede met ‘n besluit wat deur die skeidsregter geneem is.
Beeldmateriaal het gewys hoe Tirone die skeidsregter van agter af bestorm en haar teen die kop slaan met ‘n vuis toe sy besig was om vir hom ‘n rooi kaart te skryf.
Ná die aanval het die polisie Tirone dadelik op die veld gearresteer.
Cortadi is intussen na ‘n hospitaal geneem. Sy het slegs skrape en kneusplekke opgedoen en is later die dag ontslaan, volgens die New York Post.
Sy het sedertdien ‘n kriminele klag teen Tirone ingedien.
“Jy moet hom vir altyd uitskop,” het sy vir Ole gesê. “Hy behoort nooit in enige klub te wees nie. Hy is ‘n gewelddadige persoon. Hy moet ook in sy daaglikse lewe wees. Ek het dit op die video gesien: ‘n Normale mens doen nie wat hierdie man gedoen het nie. Geen mens verdien dit nie. Ons gaan nie veld toe om geslaan te word nie. Ek hoop hy betaal vir wat hy gedoen het.”
Tirone is lewenslank deur die sokkerliga geskors.
Cristian Tirone es el jugador de fútbol que le pegó a traición, desde atrás y en la cabeza a la árbitro del partido que jugaban Independencia de Chávez y Deportivo Garmense. El jugador fue aprehendido y será indagado por lesiones en el marco de un espectáculo deportivo. pic.twitter.com/P801psbThC
— Mauro Szeta (@mauroszeta) August 1, 2022
Bronne: MSN, The South African, Kick Off, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: VSA waarsku teen moontlike vergelding oor hommeltuig-aanval op Ayman al-Zawahiri



