Eskom het vandag bekendgemaak dat hy weer vandag en môre fase 2-beurtkrag tussen 16:00 en 24:00 sal implementeer.
Die kragvoorsiener sê die vertraging in die terugkeer na die diens van kragstasies en die onbeplande onderbreking van opwekkingseenhede het die opwekkingskapasiteit beperk.
Eskom sê ook hy wil die publiek daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ‘n laaste uitweg geïmplementeer word om die nasionale kragnetwerk te beskerm.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



