Heerlike spek-en-rysgereg

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n heerlike resep vir ‘n spek-en-rysgereg.

Bestanddele:

• 2 k gaar rys

• 1 groot uie gekap

• ½ k ertjies (gevries)

• ½ k mielies (gevries)

• 2 hoenderborsies in blokkies gesny

• 250 g spek in stukkies gesny

• ½ elk groen, geel en rooi soetrissie

• 1 pakkie potato bake

Metode:

Braai uie mooi bruin en gaar en sit soetrissies by.

Voeg dan die hoender en die spek by – braai alles tot gaar.

Sit gevriesde groente in met klein bietjie water (dit kook gou gaar).

Meng nou alles saam met die rys.

Maak potato bake aan met ‘n bietjie melk en kook saam met die mengsel.

Skep in gesmeerde bak, sprinkel kaas oor en bak in oond tot kaas mooi gesmelt is.

Bedien met ‘n groen slaai.

Bron: Kampvuur Kuier, Facebook