Boks met seksspeelgoed laat motoris glo kop verloor op N2

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boks vol seksspeelgoed was glo die oorsaak van ‘n botsing wat Saterdag in Ballito, KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Volgens Medi Response dui verslae daarop dat die bestuurder van ‘n voertuig beheer verloor het toe die boks speelgoed sy motor getref het.

Die boks het glo van ‘n sleepwa van ‘n motor wat voor die betrokke voertuig gery het, afgeval en die voertuig getref.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel