Vroulike ingenieurstudent vermoor by KZN-universiteitskoshuis

Die universiteit het ‘n beroep op mans gedoen om vroue met waardigheid en eer te behandel.

Vroulike ingenieurstudent vermoor by KZN-universiteitskoshuis

Vroulike ingenieurstudent vermoor by KZN-universiteitskoshuis foto: MSN

‘n 23-jarige vroulike student van die Mangosuthu-universiteit van tegnologie (MUT) is na bewering die naweek deur ‘n manlike student by die Ark Royal-koshuis in Durban vermoor.

“Dit is so moeilik om reg aan die begin van vrouemaand die hartelose en wrede moord op Xolile Mbatha, ‘n elektriese ingenieurstudent, te kommunikeer,” het Bheki Hlophe, MUT-woordvoerder, gesê.

“Ek het geen woorde om hierdie verskriklike daad te beskryf wat [na bewering] uitgevoer is deur ‘n mede-manstudent by die Ark Royal-koshuis, een van MUT se koshuise wat ekstern gehuur word. Xolile is Sondagoggend dood. Die moord is die onderwerp van ‘n polisieondersoek. Daar word vermoed dat die manstudent van die toneel gevlug het en is steeds op vlug. Terwyl MUT probeer om vrede en besonderhede te kry oor wat gisteroggend gebeur het, doen ons ‘n beroep op personeel, studente en die publiek om met die polisie saam te werk en na vore te kom indien hulle enige inligting het wat die ondersoek kan help.”

Die universiteit het ‘n beroep op mans gedoen om vroue met waardigheid en eer te behandel.

Polisiewoordvoerder, lt.kol. Nqobile Gwala, sê ‘n ondersoek is aan die gang.

Bronne: MSN, Times LIVE, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Pienk sous maak TikTokkers siek

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.