Al-Kaïda-leier, Ayman al-Zawahiri, dood deur Amerikaanse hommeltuigaanval in Afghanistan

Al-Zawahiri (71) is as die opvolger van Osama Bin Laden as die leier van Al-Kaïda beskou.

Al-Kaïda-leier, Ayman al-Zawahiri, dood deur Amerikaanse hommeltuigaanval in Afghanistan

Al-Kaïda-leier, Ayman al-Zawahiri, dood deur Amerikaanse hommeltuigaanval in Afghanistan foto: MSN

Die VSA het Al-Kaïda-leier Ayman al-Zawahiri, wat in sommige kringe as een van die wêreld se mees gesoekte terroriste en ‘n sleutelargitek van die aanvalle op 11 September bestempel word, in ‘n hommeltuigaanval in Afghanistan gedood.

Joe Biden het Maandagaand in ‘n toespraak aan die Amerikaanse volk bevestig dat hy die presiese aanval gemagtig het om “Al-Zawahiri eens en vir altyd uit te haal”.

“Geregtigheid het geskied en hierdie terreurleier is nie meer nie,” het die Amerikaanse president uit die Withuis gesê.

Al-Zawahiri (71) is as die opvolger van Osama Bin Laden as die leier van Al-Kaïda beskou.

Sy dood is die grootste slag vir die terreurgroep sedert Bin Laden in 2011 vermoor is.

Die terreurleier is deur twee Hellfire-missiele gedood terwyl hy op die balkon van sy huis in die sentrale deel van Kaboel, waar hy saam met sy gesin gewoon het, was.

Niemand anders is in die aanval dood nie, het die VSA gesê.

Bronne: MSN, The Telegraph, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Koue front en ligte donderbuie vir week voorspel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.