
Theané Willemse, die pragtige Miss Teen Universe SA 2022, gaan haar land verteenwoordig by die Internasionale kompetisie wat November in Miami, Florida gehou word.

Theané is ‘n meisie van vele talente en het gimnastiek gedoen totdat sy 12 jaar oud was. “Gimnastiek het my baie sterk gemaak – fisies en emosioneel. Dit vat baié uithoevermoeë en oefening.”

Theané is ‘n persoon wat baie waarde heg aan ander, veral haar vriende. Sy vertel heoe sy op ‘n jong ouderdom ‘n vriendin aan die dood moes afstaan. “Ek het in gr. 3 ‘n vriendin gehad wat baie na aan my hart was en wat alles vir my beteken het, sy was soos ‘n sussie vir my en ons het alles saam gedoen.
“My vriendin, haar ma en twee sussies was in ‘n motorongeluk toe ons gr. 3 was en sy, haar babasussie en ma is oorlede na die ongeluk. Dit is iets wat ek nooit sal kan verwerk nie. Ek mis haar nog elke dag van my lewe.”
Op skool het sy gefokus op gimnastiek en gevolglik nie baie skolesport, soos netbal, beoefen nie. “Dit het nie gevoel of ek inpas by die ander meisies nie. Ek hou nie van spansport nie, dit was nooit my passie nie. Ek wil eerder self werk vir iets. Ek het gimnastiek tot en met gr. 7 gedoen en daarna begin dans en modelwerk doen. Dit doen ek vandag nog. Ek was nogal suksesvol met my dans, asook modelwerk en ek dink dit het daartoe aanleiding gegee dat ek later geboelie is.”
@theane_willemse #howaboutnowbenson ♬ Admit it benson – Silv
Theané moes op die harde manier leer ander gun jou nie altyd geluk nie. “Daar was al so baie prestasies wat ek gekry het waar ek net stilgebly het, want ek wil nie klink asof ek ‘brag’ of aandag soek nie, ek doen dit vir myself. Ek was geboelie op skool op ‘n manier wat ‘n mens nie kan beskryf nie, want dit was baie agteraf, maar niemand was ooit regtig gelukkig saam met my nie.”

Hulle sou my spot oor wat ek doen en dat ek dink ek is mooi, maar dis waar hulle dit verkeerd het. Model gaan nie net oor ‘n mooi gesiggie of loop op ‘n plank nie, dit gaan oor soveel meer. Vir my gaan dit meer oor jou persoonlikheid en die invloed wat jy op ander het. Dit is hoe ek ‘n geleentheid gesien het om ‘n influencer te raak op sosiale media waar ek kan uitreik na baie meer mense en hulle op ‘n positiewe manier kan beïnvloed.

Theané het in 2022 begin met tuisonderrig aanlyn en sy sê dit pas haar lewensstyl en maak haar gelukkig. “Ek het baie meer tyd om te spandeer aan my modelwerk en ek het ook begin met toneelspel. “Ek het die geleentheid gekry om in ‘n kortfilm en twee musiekvideos te speel. Ek voel vandat ek uit die skool is, is ek ‘n nuwe mens en ek is nie meer skaam of bang om nuwe goed aan te vat nie. Ek doen nou die goed waaroor ek altyd net kon droom.”
Vir Theané is dit belangrik om ander mense te help. Dis ook waarom sy vir Miss Teen Universe ingeskryf. het. “Dis ‘n manier om ander te help wat nie so bevoorreg is soos ander nie. Ek wil ‘n ‘advocate’ wees vir weeskinders en deur Miss Teen Universe, as ‘n ‘social media influencer’, is ek ook ‘n ambassadeur vir die jeug.
Theané is dankbaar vir borge wat dit vir haar moontlik maak om die reis na Miami te neem. “Ek hou ‘n funksie in Kimberley op 2 September, waar Ivan Roux as gaskunstenaar gaan optree. Die modelskool, Vogue Kimberley, bied ook ‘n modelvertoning aan.”
Jy kan Theané volg op haar Instagramblad hier of haar TikTok hier. As jy wil betrokke raak by Theané se reis en aanboord kom as ‘n borg, kontak [email protected].
Sien hieronder vir besonderhede vir die geleentheid op 2 September:




