‘Ja, ek het hom geskiet’ – beampte erken glo hy het Tembisa-betoger geskiet

Pheta is langs Reverend RJT Namane-rylaan doodgeskiet net 30 minute nadat hy die huis verlaat het.

'Ja, ek het hom geskiet' - beampte erken glo hy het Tembisa man geskiet

'Ja, ek het hom geskiet' - beampte erken glo hy het Tembisa man geskiet foto: MSN

“Ja. Ek het hom geskiet”.

Hierdie woorde sal vir altyd in die kop klink van ‘n bedroefde Tembisa-ma wie se seun na bewering deur ‘n Ekurhuleni-metropolisiebeampte doodgeskiet is tydens ‘n gewelddadige betoging wat vier mense se dood gekos het.

Pheta Molonyama (43) en nog ‘n slagoffer wie se identiteit weerhou word, is na bewering deur metropolisiebeamptes geskiet nadat chaos in die township oor elektrisiteitstariewe losgebars het.

Dit was nie onmiddellik duidelik of die polisie rubberkoeëls gebruik het om die skares uiteen te jaag nie.

Pheta is langs Reverend RJT Namane-rylaan doodgeskiet net 30 minute nadat hy die huis verlaat het.

Sy ma, Johana Molonyama (72), sê sy is omstreeks 06:42 gebel deur haar buurvrou wat haar ingelig het dat haar seun geskiet is.

“Ek het my seun gekry waar hy op die grond lê met ‘n koeëlwond in sy rug en ‘n wond in die bors. Hy het duidelik probeer weghardloop, so hoekom het hulle hom doodgemaak?” het die radelose ma gevra terwyl sy oor haar seun se liggaam gestaan het.

“Nie ver daarvandaan [toneel] was die EMPD (Ekurhuleni-metropolisiedepartement) nyala wat vir my gesê is by die skietery betrokke was, steeds daar. Ek het na die venster gegaan en daaraan geklop. Toe die venster afrol het ek vir die man wat in die bestuurdersitplek was gevra of hy my seun geskiet het en hy antwoord: ‘Ja, ek het hom geskiet’. Toe ek vra hoekom, het hy sy venster opgerol en my met sy motor probeer omry. Ek het sy gesig gesien, ek sou hom kon uitken,” het Molonyama gesê.

Sy het gesê sy was hartseer en wou antwoorde hê.

Bronne: MSN, Sowetan LIVE, Scoopnest

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Drie mense is dood terwyl woedende inwoners van Tembisa betoog

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.