Spinasie-en-kaas quiche

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus dié spinasiequiche met kaas. Maklik, goedkoop en smullekker!

Lewer 12 skywe

Bereiding: 15 minute

Afkoeltyd: 1 uur

Baktyd: 35 minute

Bestanddele:

330 ml meel

knippie sout

125 ml (½ k) botter

30 ml (2 e) koue water

Vulsel

15 ml (1 e) olie

1 rooi soetrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 eiers

125 ml (½ k) gerasperde mozzarellakaas

125 ml (½ k) fyngekapte spinasie

80 ml room

30 ml (2 e) gerasperde parmesaankaas

sout en peper

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout en botter met jou vingerpunte tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng die water in om ’n ferm deeg te vorm. Draai in kleefpapier toe en verkoel 1 uur in die yskas.

2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny ’n sirkel om in ’n 20 cm-losboompan met ‘n kartelrand te pas. Prik die deeg met ’n vurk en voer met foelie uit. Bak 10 minute.

3. Vulsel: Verhit die olie in ’n klein pannetjie oor matige hitte en soteer die rooi soetrissie, spinasie en knoffel. Sit eenkant om af te koel.

4. Meng die res van die bestanddele en roer die afgekoelde gesoteerde groente in. Giet in die kors.

5. Bak 25 minute of tot die middel van die quiche geset het.

Bron: Elsa Pretorius, Resepte vir oud en jonk, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel