Die 11-jarige Kamokgelo Khena is sedert Saterdag 30 Julie vermis na sy laas by hulle huis in Germiston gesien is.
Sers. Mabunda, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n ernstige beroep op enigiemand met inligting oor haar verdwyning, om na vore te kom.
Khena se ma het haar as vermis aangemeld toe sy nie teruggekeer het huis toe nadat sy Saterdag die huis verlaat het nie.
Khena het ‘n swart spanbroek en ‘n swart hemp met grys kolle op aangehad.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 011 871 5001 of 079 695 1789 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



