Amber Heard verkoop haar huis na sy saak teen Johnny Depp verloor

Sy het kort na die uitspraak gesê dat sy nie finansieel in staat is om die geld aan Depp te betaal nie.

(Foto: Daily Mail)

(Foto: Daily Mail)

Die aktrise Amber Heard het haar huis in Kalifornië verkoop, skaars ‘n paar maande na sy in die hof moes hoor dat sy haar eks-man, Johnny Depp, $8,35 miljoen skuld.

Heard is in die begin van Junie vanjaar skuldig bevind aan naamskending na Depp haar vir $50 miljoen gedagvaar het. Die jurielede het tot die besluit gekom dat sy $3,35 miljoen in skadevergoeding moet betaal. Sy het egter kort na die uitspraak gesê dat sy nie finansieel in staat is om die geld aan Depp te betaal nie.

Nou berig TMZ dat die 36-jarige aktrise haar huis in Kalifornië verkoop het, en dit vir byna dubbeld wat sy daarvoor betaal het.

Heard het haar huis in Yucca Valley vir $1,05 miljoen verkoop. Sy het die huis glo in 2019 gekoop.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.