’n Vermeende huurmoordenaar na wie die polisie al ‘n geruime tye gesoek het, is Donderdag omstreeks 10:45 op ’n bus by die Mariannhill-tolhek in hegtenis geneem.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is vir ’n reeks misdade in KwaZulu-Natal gesoek.
Van die misdade is glo moord, poging tot moord, rooftog en ontvoering.
“Die misdade is in Inanda, KwaMashu, Mayville en ander areas gepleeg,” sê Ngcobo. “Die verdagte was op ’n bus op pad na die Wes-Kaap. Die bus is voorgekeer en die verdagte is in hegtenis geneem toe die polisie ’n padblokkade by die tolhek opgestel het.”
Die 31-jarige man is in hegtenis geneem en was ook in die besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
Hy verskyn binnekort in die hof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



