Meer as 16 500 aappokke-gevalle, net 3 in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is tot op hede nog net drie gevalle van aappokke in Suid-Afrika aangemeld, met meer as 16 500 gevalle wêreldwyd.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê hy het van 25 Mei tot 26 Julie ‘n totaal van 261 toetse vir aappokke gedoen.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vroeër die maand ‘n wêreldwye noodtoestand aangekondig as gevolg van aappokke wat reeds 75 lande bereik het.

“Ons het ’n uitbreking van aappokke wat vinnig oor die wêreld versprei het deur nuwe maniere van oordrag, waarvan ons te min verstaan, en wat aan die kriteria voldoen vir ’n internasionale noodtoestand op openbare gesondheid,” het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die WGO, gesê.

Die WGO se verklaring beteken dat aansienlike hulpbronne belê sal word in die beheer van die uitbreking van die virusinfeksie en meer befondsing vir die reaksie daarop. Dit sal boonop nasies aanmoedig om entstowwe, behandelings en ander sleutelhulpbronne te deel om die uitbreking van die virusinfeksie te bekamp.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel