Ons deel met jou die lekkerste resep vir pampoenmuffins met kaneelsuiker.
Bestanddele:
1½ koppie koekmeel
½ teelepel bakpoeier
1 koppie (ongeveer 250 g) boerpampoen, gekook en fyngedruk
½ koppie olie
2 groot eiers
1¼ koppie suiker
½ teelepel kaneel
¼ teelepel gemmer
⅛ teelepel fyn naeltjies
⅛ teelepel neutmuskaat
½ teelepel sout
½ teelepel koeksoda
Kaneelsuiker: 1 eetlepel suiker en 1 teelepel kaneel (Pas aan na smaak)
Metode:
- Kook die pampoen tot sag en druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker of vurk. Laat eenkant om af te koel.
- Voorverhit die oond tot 180˚C.
- Spuit ‘n standaard muffinpannetjie met ‘n kleefwerende middel of voer elke holtetjie uit met ‘n papier muffinhouertjie.
- Sif die meel en bakpoeier saam in ‘n medium mengbak en hou dit eenkant.
- Meng die pampoen, eiers, olie, suiker, kaneel, gemmer, naeltjies, neutmuskaat, sout en koeksoda saam in ‘n groot mengbak.
- Voeg die meel by die mengsel en meng dit saam met ‘n draadklitser. Moenie dit oormeng nie.
- Verdeel die mengsel eweredig tussen elke holtetjie in die pan. Ek verkies om dit net tussen 11 holtetjies te verdeel.
- Strooi die kaneelsuiker oor die mengsel.
- Druk die muffins in die oond vir 20-25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom wanneer dit daarin gedruk word.
- Los die muffins vir nog 5 minute in die pannetjie om af te koel voordat jy hulle op ‘n afkoelrakkie uitkeer.
Bêre in ‘n lugdigte houer en geniet!
Bron: Happies, Flippen Lekker Braai Resepte, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



