‘n Verdagte (38) is Donderdag deur die Valke vir onwettige mynaktiwiteite in hegtenis geneem.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeamptes het inligting opgevolg wat die onwettige aktiwiteite gerapporteer het.
“Toe die lede op die toneel aankom, het hulle die verdagte, besig om ‘n excavator te bestuur, gevind.”
Die verdagte sal Maandag in die hof verskyn.



