Onthou dit gaan koud raak die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie dele van Suid-Afrika sal heel waarskynlik die komende naweek sneeuval, koue weer en donderbuie ervaar.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal ‘n kouefront na verwagting Vrydag langs die suidwestelike kus van die land inskuif.

Die Wes-Kaap sal nie net deur die kouefront geraak word nie, maar ook deur die donderbuie. Volgens berigte op sosiale media het reën Vrydagoggend in Kaapstad begin val.

Ligte sneeu word oor die volgende gebiede verwag:

Lesotho

Oos-Kaap

KwaZulu-Natal

Senqu

Barkly-Oos

Matatiele

Elundini

Nqanqarhu

Maclear

Sakhisizwe

Elliot

Donderbuie word ook oor die sentrale deel van die land verwag.

Intussen is ‘n waarskuwing uitgereik vir skadelike winde en golwe Vrydag vir hierdie gebiede:

Ubuntu

Victoria-Wes

Kopanong

Fauresmith

Renosterberg

Petrusville

Mohokare

Aliwal Noord

Emthanjeni

De Aar

Senqu

Barkly-Oos

Sakhisizwe

Elliot

Dit het verder gewaarsku dat die ophoping van sneeu kan lei tot geïsoleerde verlies van kwesbare vee en sneeusmelting wat gladde rytoestande kan veroorsaak.

Die SAWD het ‘n beroep op kleinveeboere gedoen om diere te skuil. Inwoners moet warm aantrek en hoë bergpasse vermy.

Bronne: MSN, The South African

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Maak reg vir nog sneeu die week