Die grootste interskole-rugbytoernooi in Suid-Afrika vind dié naweek in die Paarl tussen Paarl Gimnasium en Paarl Boys’ High plaas. Na ’n onderbreking van twee jaar weens die Covid-19-pandemie, is dié twee skole oorgehaal om mekaar môremiddag om 16:00 vir die hoofwedstryd op Faurestraat-stadion te pak.
Gedurende die week was daar reeds funksies en reünie-byeenkomste waar ou vriende en vyande mekaar weer raakgeloop het. Dié feesvieringe hou regdeur die naweek aan.
Besoek Paarl Gimnasium of Paarl Boys’ High se webtuistes vir meer inligting en bepalings.
Dié video is vanoggend by Paarl Gim se “big brag” geneem.



